Skool sluit 30 Maart 2012 en heropen 10 April 2012

Geniet die vakansie Fochies, en kom veilig terug!

Welkom by Laerskool Fochville Aanlyn!

AGTERGROND VAN LAERSKOOL FOCHVILLE

Laerskool Fochville is 'n Afrikaans medium skool in Fochville. Tans is daar 792 leerlinge vanaf Pre-Graad R tot Graad 7 aan Laerskool Fochville. Laerskool Fochville het homself bewys as een van die leidende primêre skole aan die Wesrand. Die skool is in 1920 gestig met 'n totale leerdertal van slegs 14 vanaf Graad 1 tot Graad 7. Deur die jare het Laerskool Fochville gegroei tot een van die spogskole in die omgewing. Dit word bewys deur verskeie Springbokke en Protea Spelers wat ons land in vele sportsoorte verteenwoordig het. Hulle het immers hulle wortels aan Laerskool Fochville geplant en hier begin groei. Op kultuurgebied word die standaard beslis gestel en primêre skole in die omgewing meet hulleself aan Laerskool Fochville. Tans spog ons met die nommer 1 Wiskunde leerling, graad 6 in Gauteng asook die top leerling in verskeie akademiese rigtings aan die Wesrand.

Die sukses van Laerskool Fochville lê in 'n goed opgeleide en gemotiveerde personeel asook 'n ouergemeenskap wat op alle terreine betrokke is.

Terug Terug na bo